Fundamentele wisselwerking

Bosone dra die vier fundamentele kragte oor.
Die deeltjies van die Standaardmodel.

In fisika is daar vier fundamentele wisselwerkings, ook bekend as basiese natuurkragte. Alle kragte volg uit dié vier basiese wisselwerkings. Hulle is die swaartekrag- en die elektromagnetiese wisselwerking, wat aansienlike kragte oor ’n lang afstand produseer waarvan die uitwerking in die alledaagse lewe gesien kan word, en die sterk en die swak wisselwerking, wat kragte op subatomiese afstande produseer.

Sommige wetenskaplikes[1][2][3] glo daar bestaan dalk ’n vyfde krag, maar dit word nie algemeen aanvaar nie en is nog nie bewys nie.

  1. Fackler, Orrin; Tran, J. Thanh Van (1988). 5th Force Neutrino Physics. Atlantica Séguier Frontières. ISBN 2863320548.
  2. Weisstein, Eric W. (2007). "Fifth Force". World of Science (in Engels). Wolfram Research. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Mei 2019. Besoek op 14 September 2017.
  3. Franklin, Allan; Fischbach, Ephraim (2016). The Rise and Fall of the Fifth Force: Discovery, Pursuit, and Justification in Modern Physics, 2nd Ed. Springer. ISBN 3319284126.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search